Текст песни Adam Tas — Reën

image_pdfimage_print

Versteek die drome van jou hart
In die skadus van ‘n kremetart
En ‘n hopie soet sag wolke teen die blou.
En ek stuur vir jou die donderweer
Op ‘n visarend se rug meneer
En ek hoop dat hy sy pad huis toe onthou

En ek leen vir jou ‘n sondaars gebede
Van soggens vir hoop en saans vir vrede
En ek worstel met die engel
In die nag se swartste uur
Vra Jesus vir genade
En dat hy vir jou die reen stuur

Mag die saad wat jy met jou mond plant
Tot by God se ore rank,
Weergalm tot die hemel se plafon
Laat die vonkel in jou oë jou lei
Na ‘n karnival waar liggies skyn
En al die hapiness jou daar verstom
Laat jou dagbreek sonder kommer kom
Geel soos God se sonneblom
En die sonlig sagkens op jou skouers rus
Miskien is ek die laaste een
WatGod sal vra om jou te seën
Maar die woorde is ‘n bloedsbelydenis

Оцените текст
( Пока оценок нет )

На данной странице вы найдете слова и текст песни Adam Tas — Reën. Здесь можно прочитать, а также скачать текст песни и распечатать его.

Поделитесь с друзьями
text-pesen.ru