Текст песни Adam Tas — Want Jy Is Boer

image_pdfimage_print

Mag dit reën waar jou beeste wei
Mag dit goed gaan met jou
Mag jou skape begin jakkals jag
Mag jou koring silo’s bou

Mag jou ijsterpomp met water werk
Mag jou cruiser lig op brandstof wees
Mag jou heinings altyd reggop staan
Mag jou vee vanself genees

Want jy is boer
Hierdie is my wens vir jou
Jy sal staan as alles om jou vou
Jy sal plant al is die reën te laat
En glo in die hand van bo
Wat alles weer nat sal maak
Want jy is boer, jy is boer

Jy sal opstaan in die môrre voor die son opkom
En werk tot hy weer loop sak
Daarna is jy ‘n familie man
Onder ‘n platteland sterredak

Mag jou vrugtebome kromrug dra
Mag fonteine om jou lande lê
En mag ons wat honger en dors is
Netso bietjie dankie vir jou sê

Mag jy vakansie hou as jy klaar is
Met jou huisie by die see
Waar jy so bietjie rus kan kry
Als jy moeg is van al die gee

Оцените текст
( Пока оценок нет )

На данной странице вы найдете слова и текст песни Adam Tas — Want Jy Is Boer. Здесь можно прочитать, а также скачать текст песни и распечатать его.

Поделитесь с друзьями
text-pesen.ru