Текст песни Adam Tas — Wenslys

image_pdfimage_print

Vanaand sal ek jou soek
Oor ñ flikkerende kers
Vanaand sal ek jou roep
Oor ñ onvoltooide vers.
Want ons harte het geweet
Wat ons gewetes wou vergeet
En dis moeilik vir ñ hart
Sonder om vir hom te breek.
Ek wens vir jou
Lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei
En skadubome langs die pad
Voor ons verder ry
Drome sonder heinings
Liefde sonder seerkry
En ñ kamer in jou hart
Waar ñ engel kan gaan bly.
Aan die einde van my asem
Sal die woorde wat ek moet sê
Wat ek nou soos ñ offer
By jou voete neer wou lê.
Maar my lag voel soos ñ leuen
Wat die werklikheid wegsteek
En net jy en jy alleen
Sal ooit hierdie waarheid weet.
Ek wens vir jou
Lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei
En skadubome langs die pad voor ons
Verder ry
Drome sonder heinings
Liefde sonder seerkry en ñ kamer in jou hart waar ñ engel kan gaan bly.
Sal jy vanaand vir oulaas
My asem kom blaas
Sodat ek nog net eenkeer
ñ gedig oor jou lyf kan blaas
En heelnag langs jou sit
Want die somers te verjaag
En hopeloos te bid
Vir ñ tweede kans vir ñ tweede kans.
Ek wens vir jou
Lemoenbloeisels uit ñ mooi vallei
En skadubome langs die pad
Voor ons verder ry
Drome sonder heinings
Liefde sonder seerkry
En ñ kamer in jou hart
Waar ñ engel kan gaan bly.

Оцените текст
( Пока оценок нет )

На данной странице вы найдете слова и текст песни Adam Tas — Wenslys. Здесь можно прочитать, а также скачать текст песни и распечатать его.

Поделитесь с друзьями
text-pesen.ru